Sign Up!
Login
Welcome to Purplewildebeest
Wednesday, February 22 2012 @ 11:41 PM CST

Vader, vergeef my


Gebasseer op 'n ware gebeurtenis.


Die meeste mense vra die Jirre natyds om vergiffenis, na hulle gedoen whatever hulle seker nie moes nie. Maar in die geval van Karel du Toit het dinge effens andersom gewerk. Want was hy nie so vermetel om sonder meer natyds op daardie vergiffenis aan te dring, dit asse soort vanne reg te beskou, soos die meeste van ons maar doen nie. Nee, Karel du Toit het bloot daarom gehoop.

Ook was dit nie al wat vir ons vertel watter soort mens Karel du Toit nou eintlik was nie. Want iets anders wat hom van my en jou onderskei het is die feit dat hy reeds vooraf om daardie vergiffenis gesmag het, nog voor hy gedoen wat hy gedoen het. En let asseblief baie duidelik daarop presies wat Karel Du Toit se laaste woorde was, naamlik: “Mag God my ook vergewe.”

Ja, inderdaad was Karel du Toit ‘n baie nederige mens, iemand wie in sy skrywe aan God ook vir sy familie, en vir jou en vir my, die mensdom innie geheel versoek het: “Ek vra om verskoning vir wat ek verkeerd gedoen het.”

En al wat Karel du Toit toe gedoen het was om sy vrou te vermoor…. dis maar al...

 

Hermien du Toit was op ouderdom 78 nege jaar jonger as Karel, en glad nie gesond nie. Tewens, die suikersiekte wat sy onder lede gehad het, het veroorsaak dat haar niere nie meer kon funksioneer nie, dat sy skaars kon sien, en permanent aan ‘n rolstoel gekluister was. Ook het sy geweldige pyn verduur. Maar die ergste van alles was dat sy gereken het haar menswaardigheid word aangetas met die dat sy elke 2de dag dialise moes ondergaan. Want die dialise was die een iets is wat nie deur haar liefdevolle, sorgsame, 87 jarige Karel gedoen is nie.

En elke aand, wanneer hulle mekaar vasgehou het, daar in hulle woonstelletjie, het Hermien gevlug na die verste hoekie van haar hart, daar waar sy nie eers vir Karel toegelaat het nie. En dan het sy gedink aan hoe onregverdig dit is dat Karrel se hele wese om haar wentel, dat as sy nie meer daar is nie hy mos die paar jare wat hy nog oor het hier oppie aarde in vrede en rus kan uitleef.

O, Hermien was listig, baie listig, en het sy vir Karel baie goed be-arbei. Uiteindelik kon sy hom dan oortuig om haar die ewigheid in te help, want dis mos wat sy wil he, en immers is hy mos lief vir haar? Immers wil hy haar graag gelukkig sien, en om na die hiernamaals te verhuis, daar waar die radio dominee self gese het geen pyn of hartseer bestaan nie, is mos wat haar gelukkig sal maak? En dis net ‘n paar jaar, dan is hulle mos weer bymekaar?

Karel het sy Hermien lief genoeg gehad om haar elke wens vervul te sien. Maar, dit was nogtans met ‘n baie swaar hart, ‘n gebroke hart dat hy geskryf het: “Mag God my ook vergewe” , net voor hy sy Hermien, die enigste rede vir sy bestaan af na die kar toe gedra het, Saam het hulle na die dam toe gery, daar buite Pretoria, en het Karel hartverskeurend gehuil toe hy sy Hermien vir oulaas soen, en die enjin aanskakel om haar te vergas. Ja, dit moes absolute hel gewees het toe Karel, net om seker te maak, die kar daarna aan die brand steek...

Dis dan ook daar langs die dam waar die polisie die uitgebrande wrak gekry het, en vir Karel….

Maar Karel sou nooit weer ‘n woord sprak nie, nie hier oppie aarde, in elk geval. Want sien, Karel het daar innie dam gedryf. Het hy sy Hermien so goed geken, haar so lief gehad, dat hy sonder haar wete in daardie verste hoekie van haar hart kon inkruip, en presies geweet het wat en hoekom. En toe het Karel sy eie planne gemaak…. hy het homself gaan verdrink.

Die hele ding werk eintlik so: hulle was twee mense wat die goddelikheid vannie Bybelse verklaring : “Geen groter liefde het hy….“ hier op die aarde verwesentlik het. Ja, hulle het mekaar liewer gehad as die lewe self, hulle eie lewens, want elkeen was bereid om sy of haar lewe met die grootste liefde op te offer vir die ander.

En vra ek nou hier, in die openbaar: “Vader, vergeef my dat ek ek in hierdie geval nie vir Karel veroordeel omrede hy die sesde gebod oortree het nie.”

 

Story Options

1 comments

The following comments are owned by whomever posted them. This site is not responsible for what they say.
Authored by: runningvein on Monday, December 19 2011 @ 05:29 PM CST John Lennon's Happy Christmas War Is Over
Can't find a direct way to send you a message, so I'll just post here.

"A book must be the ax for the frozen sea within us. ----Kafka"

Thank you so much for the quote by Mr. Franz Kafka, he is probably my favorite author. Kind of like Dali, for writers (though that is probably just a wild assertion) Brightened up my day :)

Yes, I heard about Peter's accident, but it was a very long time ago, so I don't remember the dearest specifics of it. Needless to say, if he's riding motorcycles at his age, must have been quite spectacular :) Tell him that he can only re-publish my work in South African if I am given some due credit, if only by way of name. Authors must exercise some control over their works.

Thanks again, gonna check out some of the other writes here now.

[ # ]

Random Image

My Account





Sign up as a New User
Lost your password?

A man of principles

“If a man does not keep pace with his companions, perhaps it is because he hears a different drummer. Let him step to the music which he hears, however measured or far away" Brilliantly said, by one Henry David Thoreau (1817 –1862), probably one afternoon, whilst he was contemplating the vagaries of life.

And probably, if one is inclined to argue, you can make out a case that Thoreau was somewhat of pythagorian inclination. An argument that I personally do not agree with as it implies that by nature man’s opinions are truthful by degrees. And further suppose that whilst someone else’s truths are only valid inasmuch that person is concerned, they, the majority view it as false, and are thus not only entitled, but obliged to set them “straight!”

Hoo, boy, the shitty, illogical, far-fetched suppositions that people sometimes spew as gospel! Luckily, even as far back as 469 BC–399 BC a geezer known as Socrates set the record straight, what with his dictum of “virtue is knowledge.” Of course, by virtue he did not imply that which certain ah… “ladies” ( no names, no pack drill! ) sadly lack. No, in short it means that one, in order to perform well, must firstly have a specific job, then a thorough knowledge of what that job is, and knows what same aims to effect. Yes, the old man was a great one for determining the function of man, regarding it as the greatest virtue of all. Still, with time it has morphed into a different perception.

more in Insultngly Yours'

amy

Abigail hette droom gehad, n roeping, soort van. Ennie berigte omtrent haar afsterwe was erg deurmekaar, aanvanklik. Maar dat dit geen liegstorie was nie, is seker. Tog moes sy eers saamleef met wat sy daardie Woensdag middag begin het, daar in Brandfort, neffens Bloemfontein, toe die foon gelui het.

Wassit Amy Winehouse, mette gekruisde lyn, en erg opgewonde: “Hi babe, Amy here. Come on over and bring some white lines, will ya? I feel like a little party.” En natuurlik het Abby geweet watter Amy is oppie lyn, want het sy altwee die cd’s, dan nie?

“Have me a new guitar, so you must come play for us, ok?”

Kon klein Abby nie haar ore glo nie, kon sy nie ‘n woord uitkry nie, en strip Amy haar moer: “: "Hey, who the fuck? You little bitch, what ya doin on this line? Don't fuck with me, ok? Fuckin freak!" en sy gooi die foon neer. Maar Abby was in vervoering. Het sy gehoor wat sy wou, en met oop oe staan sy en droom, die doel van haar bestaan eenklaps sonner enige geheime.

En vanaf daardie oomblik was sy Amy Winehouse, het sy aangedring daarop dat almal innie huis haar aanspreek as Amy. Haar viende ook, en die onderwyser, en oom herklaas vannie keffie. Met haar spaargeldjies koop sy toe n nuwe kitaar, speel sy net Amy Winehouse liedjies, en trek sy aan soos Amy Winehouse. Haar hair-do is ook Amy, en selfs die Volksblad verwys na die 14 jarige Abigail as die Vrystaat se eie amy winehouse.

meer in die prosa forum

Katriena-katryn se

Stylfigure:

Eufemisme: Versagtende uitdrukking, verbloeming (bv. Heengaan ‘sterf’)
Hiperbool: Buitensporige oordrywing as uiting van hewige gevoel of om ‘n sterk indruk te maak, bv. ‘ek het myself morsdood gesukkel’
Ellips: (Retorika) Weglating van woorde wat veronderstel kan word
Herhaling: Waarin woorde of sinsnedes herhaal word om ‘n gedagte te beklemtoon
Insinuasie: Bedekte, indirekte beskuldiging, listige suggestie
Ironie: Woordgebruik waar mens presies die teenoorgestelde sê van wat jy bedoel.
Paradoks: Skynbare teenstrydigheid
Oksimoron: As twee teenstrydige begrippe met mekaar verbind word
Inversie: Omdraaiing van die gewone en natuurlike woordorde, bv. ‘lank was die dag’ teenoor die regte ‘die dag was lank’.
Kontras / Antitese: Teenstelling, die gebruik van twee teenoorgestelde begrippe naas mekaar, bv. Christendom – Heidendom

lees meer in die GEDIGTE forum